Pages Navigation Menu

accommodation in the Garden Route, South Africa

Die Geskiedenis van Fairview. George Herald 26 Feb.1998 (Pauline Lourens)

George wat nie veel geskiedkundige argitektuur het om mee te spog nie, kan gelukkig nou tog groots wees op die Kaapse Georgiaanse styl woning, Fairview wat met groot sorg en toewyding gerestoureer is deur die huidige eienaars, Mev Philda en Dr Desmond Benkenstein.

Alhowel reeds in 1841 tot stand gekom het, is meeste van die dorp se karaktervolle en geskiedkundige huise gesloop. Fairview wat terugdateer na 1861, dien vandag as ‘n gesinswoning en as smaakvolle ingerigte gastehuis. Die gasteboek getuig daarvan dat toeriste vanoor die wêreld dit ‘n verruklike ondervinding gevind het om hier tuis te gaan.

Na die dood van susters Blanche van Staden en Ethel Stander het Fairview bekend gestaan as ‘n plek wat spook. Maar die stories is luitere onsin sê die nuwe eienaars wat gewoond is daaraan om heelwat te onthaal en die plek omskep het in ‘n ware tuiste. Die restourasie het in alle erns begin drie jaar gelede, toe die benkenstiens hul hier kom vestig het nadat hulle dertien jaar in Walvisbaai gewoon het.

Die dubbelverdiepinghuis is tot in die fynste detail in sy eertydse glorie herstel. Die vuurmaakplekke is herstel en nou weer in ‘n werkende toestand. ‘n Onooglike motorafdak het byvoorbeeld plek gemaak vir ‘n rustige binnehoftuintjie. Oral in die goed uitgelegde tuin, met swembad, is daar kuier- en sitplekkies.

Die binnemure is in warm skakerings geverf en die sitkamers is ingerig vir gesellige saamverkeer met antiek wat snoes saamsmelt met moderne meubels. Deur geen gordyne te hang in die sitkamer, val die klem op die skuifraamvensters en die lieflike gerestoureerde luike. Philda het oral rondgesnuffel om antieke lampe te vind wat by haar huis sal pas. Dit was ‘n wonderlike vonds toe Dr. “Benkie” begin skuur het aan ‘n onooglike swart lamp wat agtergebly het in ‘n buitevertrek, en ontdek dat dit van silwer gemaak is. Dit pronk nou in die gang op die boonste verdieping.

Tyd vir stokperdjies is daar nie. Dit het omtrent ‘n voltydse taak geword om toe te sien dat die onderhoudswerk op datum gehou bly. Die formele tuinuitleg en spuitfontien is die handwerk van haar wederhelf, vertel Philda, wat ook bedrywig bly deurdat sy op die plaaslike komitees vir toeriste en gastehuise dien. Philda, ‘n gebore Georgiet, is nie vir een oomblik spyt om terug te wees in haar geboortedorp nie.

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>